Boom aanplantings

Ter viering van Twee Riviere se ‘n kwart-millenium, het die gedagte posgevat om ‘n Plataanboom laning te vestig weerskante van Twee Riviere se lang aanrit, wat die dorpie se sentrale kruising (by Twee Riviere Minimark) verbind met die R62. Die South African Institute for Conservation, wie se kampusgronde in Twee Riviere geleë is, het die projek gelei, die bome verskaf, en het toestemming bekom van die Distriks Padingenieur en Koukamma Munisipaliteit. Plaaslike medewerkers sluit in Oom Eric Schreiber, Danie Babs Olivier, Du Toit Groep, Franklin Electric, Wilco Transport, Tuinroete Agri / SSK, Derick Frey, Eduardt Olivier, Ewald Schreiber en ander ondersteunende lede van die Twee Riviere gemeenskap, wie se waardevolle hulp, ondersteuning, skenkings van tyd, mannekrag, gereedskap, pompe en dies meer gehelp het om hierdie aanplanting moontlik te maak.

Die boomkeuse het geval op Platane, vanweë hierby boomsoort se beproefde sukses in ander strate van die dorp – jare vroeër beplant deur die Instituut – en die geharde langlewendheid van hierdie aantreklike boomsoort. Volwasse voorbeelde van soortgelyke Plataan straatlanings kan ook aangetref word op dorpe soos Oudtshoorn, Stellenbosch en vele ander, wat hierdie boom se uitmuntendheid vertoon.

Met deeglike onderhoud in jare vorentoe, onder sorg van die Instituut, behoort hierdie aanplanting vir Twee Riviere met ‘n sierlike en skaduryke aanrit te beloon – ook as uitdrukking van gedeelde belang in ons strate en gemeenskap.

Vir genot, hier is ‘n klompie fotos van die aanplanting en boomlaning in wording!