Rit-aanwysings…

GPS Co-ordinates: S 33° 50.427 E 023° 53.638

Aanwysings vanaf Kaapstad op reis in die oostelike rigting op die N2 is as volg:

Neem die afdraai na George Lughawe ‘n klein entjie voor George (10km?) en draai dan links by hierdie afrit se T-aansluiting. Draai links by die aansluting en hou dan reguit aan met hierdie pad. Na ‘n kort entjie sal George lughawe aan u linkerkant verskyn. Hou reguit aan met hierdie pad totdat u ‘n kruising bereik, met die laaste van die lughawegebied nog steeds aan u linkerkant. Ry reguit oor hierdie kruising. Na die kruising sal die pad ‘n paar swenke maak en ‘n paar kilometer verder sal u verby die Fancourt Golfbaan ry (sommige padwerke mag dalk nog aan die gang wees in hierdie gedeelte). ‘n Paar honderd meter na Fancourt (u bevind uself nou in ‘n beboude gebied), vurk die pad. Wees baie aandagtig vir hierdie verdeling as u in die aand of vroeȅ oggendure reis, aangesien dit nie so sigbaar in die donker is nie. Hou links by hierdie verdeling, waarna u uself op ‘n afwaartse helling sal bevind. Hierdie pad gaan nie deur George sentraal nie, maar eerder deur ‘n klein en fraai geleȅ bruin woongebied. Hierna neig die pad weer opdraande en sal u bring tot ‘n T-aansluiting met die Outeniqua Pas. Draai dan links en opwaarts op die pad wat oor die Outeniqua pas strek, asof onderweg na Oudtshoorn – volg aanvanklik enige padtekens wat verwys na Oudtshoorn. Sodra u egter oor hierdie mooi bergpas is, hou verby die Oudtshoorn afdraai wat ‘n bietjie verder in sig sal kom en ry dan reguit aan vir ‘n hele ent, asof onderweg na Uniondale toe. Kyk egter uit vir die R62 afdraai aan u regterkant, sowat 100km na die Outeniqua Pas. By hierdie afdraai sal u ‘n biljetbord vind wat sȇ “Welcome to the Langkloof”. Draai regs by hierdie afdraai, wat lei na die Langkloof – in stede van Uniondale. Na ongeveer 40 minute sal u eerste verby Krakeel ry en dan verby Joubertina, gevolg deur u bestemming, Twee Riviere. Vind die afdraai na Twee Riviere na regs, aan die onderpunt van ‘n lang afdraand. Kyk uit vir ‘n prominente, groot wit pakstoor aan u regterkant met ‘n naambord wat verklaar: “Du Toit” en “Koukamma”. Nadat u uit die hoofroete (R62) gedraai het, volg die pad vir 1 kilometer om Twee Riviere se sentrale kruising te bereik.

Aanwysings vanaf Port Elizabeth op reis in die westelike rigting op die N2:

Bly op die N2 snelweg vir ‘n afstand van ongeveer 103 km (op hierdie pad sal u verby Jeffreysbaai en Humansdorp ry) om die afdraai te bereik wat gemerk is as “Kareedouw” en “Scenic Route via the Langkloof”. Neem hierdie afdraai aan die linkerkant en draai dan regs onder die N2, op pad na Kareedouw – sowat 25 – 30 km verder. Sodra u Kareedouw bereik het, hou reguit aan asof onderweg na “Joubertina”. The vallei / kloof sal meer ooglopend word langs hierdie gedeelte van die pad wat sy weg kronkel na klein Twee Riviere. Omtrent 30km na Kareedouw sal Twee Riviere in sig begin kom aan linkerkant, met opvallende damme en rivierloop wat vergesel. Volg die R62 oor ‘n matige bruggie, waarna u Twee Riviere se afdraai op linkerkant sal vind. By hierdie afdraai is die baie prominente wit pakstoor van “Du Toit & Koukamma Packers”. Hier draai u links op die teerpad-aansluiting, om die binnedorpie  ‘n kilometer verder te bereik.