Tuisblad

Afrikaans       /       English

Hier is ons dorpie, Twee Riviere – ‘n gemeenskappie van omtrent 450 inwoners, pragtig geleë in die Laer-Langkloof.

Ken u die Langkloof? Dit is ‘n beeldskoon en bergryke area, effe binneland van Suid Afrika se suidoostelike kuslyn. Die naam “Langkloof” ontleen sy naam van hierdie 120km lange vallei – treffend omsoom deur dramatiese bergreekse. Vanuit hierdie hoë hange, ontspring talle riviere en strome wat afvloei na die valleivloer, op sy beurt ryklik versier met vrugteboorde asook verskeie dorpies en gemeenskappies wat in oorsprong terugvoer na die laat 1700’s.

Gedurende Februarie 2015 het Twee Riviere sy 250ste bestaansjaar herdenk!

Hierdie verrassende feit het die inwoners van Twee Riviere geïnspireer om die oorsprong en wortels van hierdie sonderlinge dorpie te ondersoek, asook sy ereplek in die vroeëre geskiedenis. Soos wat die betekenis van hierdie mylpaal gaandeweg ingesink het, het die dorpsbewoners (ook in lig van huidige tye) bemoedig gevoel om weer opnuut die waardes van verwantskap en gemeensaamheid in ere te herstel, tot seën van almal onderling.

Ons is die mense van Twee Riviere, en hier is ‘n prentjie van ons dorp en gemeenskap…